Norme

Norme is die voorskrifte vanuit die samelewing vir wat mense moet doen (vereistes), wat hul mag doen (aanvaarbaar) en wat hul nie mag doen nie (verbode).

Norme verskil tussen verskillende samelewings, maar ook daarbinne tussen byvoorbeeld sosiale klasse. Afwykende gedrag wat nie aan bepaalde norme voldoen nie, kan die sosiale status en aanvaarding van die persoon beïnvloed, en selfs tot uitsluiting lei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search